Die voormalige hoof van die omstrede militêre konsultasiegroep Executive Outcomes, Eeben Barlow, het in 2018  ‘n terloopse opmerking in ‘n aanlyn-gesprek gemaak wat my in my spore gestuit het.

Hy het die bewering gemaak dat geld betaal vir wapentuig aan UNITA in Angola nooit in Suid-Afrikaanse staatskoffers beland het nie. En dat die lewering van wapentuig aan die Angolese rebelle baie mense baie ryk gemaak het.

“Think diamonds, weapons, ivory, precious woods, etc,” het hy gesê.

Ek was destyds besig met navorsing vir die boek SKAG, en het die bewering aanvanklik eenkant geskuif. Maar die gedagte het bly skaaf.

Waar is die geld heen?

Net ter agtergrond, Eeben Barlow is sy lewe lank in omstredenheid gehul. Die destydse Executive Outcomes is deur die Suid-Afrikaanse media as ‘n tuiste vir huursoldate geverf. Die “wapens-te-huur”-bedryf was en is steeds onwettig in Suid-Afrika.

Barlow doen moeite om in sy eie boek oor die organisasie dit duidelik te stel dat EO geen huursoldatery was nie, en dat die organisasie slegs vir wettige regerings gewerk het. Dit is die verskil tussen private militêre kontrakteurs en huursoldate – wie betaal, hou hy vol.

Volgens hom het die intelligensiegemeenskap ook ‘n verbete veldtog teen EO gevoer om hom en sy mense te diskrediteer. Wat jou laat vra – hoekom?

EO is na afloop van die Bosoorlog deur die Angolese regering gekontrakteer om ‘n elite-brigade in sy weermag op te lei. Die MPLA-regering was steeds gewikkel in ‘n stryd teen UNITA, en daar was geen einde aan dié konflik in sig nie. ‘n Moontlike motief vir die verlenging van die oorlog word gou hieruit duidelik:

“UNITA received massive covert financial and materiel support from SA, courtesy of the SA taxpayers who were unaware of this. However, UNITA REPAID it! Where did that money go to?

“I challenged Pik Botha, Rusty Evans of Foreign Affairs, and Sean Cleary (advisor to SA govt, De Beers, UNITA, and MI – and occasionally the US) to a live TV debate (‘Good Morning South Africa’ – sometime in 1993/4) to explain where that money had gone and why it hadn’t been replaced into the state’s coffers.

“I also challenged Derek Keys to explain why his ship was sending weapons to UNITA in 1993 after SA had undertaken to stop supporting UNITA. They all refused to do a live debate with me. If they were as pure as the driven snow, why were they unwilling to counter my claims and clear their good names on national TV?”

EO is deur die MPLA se toedoen by veel meer as opleiding betrek. Die organisasie het op versoek van die regering ook die brigade se hand in sy eerste veldslae vasgehou, en is mettertyd toenemend en aktief in die stryd teen UNITA, sy vorige bondgenoot, betrek.

Barlow se uitstekende boek oor dié stuk geskiedenis beeld dit treffend uit. Ook hoe ‘n propaganda-veldtog Savimbi in heeltemal ander kleure as die werklikheid probeer verf het. Uit my gesprek met hom:

“To conceal Savimbi’s true colours, we ‘Christianised’ him through the media and political channels and turned
him into the saviour of Angola, despite him being a mass-murdering megalomaniac. But, now we could proclaim we were helping the ‘Christians’ in Angola.

“Personally, I think SA lost control over its own deceptive propaganda and we simply kept at it as Savimbi made a lot of money for a lot of people in SA. Think diamonds, weapons, ivory, precious woods, etc. All in all, I consider it to have been a strategic blunder.”

Barlow is nie die enigste wat hierdie aantygings gemaak het nie. Twee kommissies van ondersoek na ivoor- en renosterhoringsmokkel het die lig gesien – die eerste, ‘n parlementêre ondersoek in 1988 wat deur die skrywers Hennie van Vuuren en Paul Holden in hul boek “The Devil is in the Detail” as “a whitewash … a charade” beskryf is.

Die ander, onder Regter ME Kumleben in 1996, het egter tot ‘n verdoemende gevolgtrekking gekom:

2. (i) “During the period from 1975 tot 1987 there was large-scale destruction of wildlife, including elephant and rhinoceros, in Angola and north-eastern Namibia as a result of civil strife and “Border War” in those two countries.

(ii) There are clear indications that most of the rhino horn and tusks thus obtained were exported via the RSA either as undisclosed contraband or with false or dishonestly obtained documentation.”

Barlow vertel my in ‘n latere e-pos dat die bogenoemde die oorlog (onnodig) verleng het – en dat hy byna in die proses dood is:

“[Y]ou will see that the ‘powers that be’ even tried to kill me a few times – admitted by MI officers to me
whilst I was updating the book – as they wanted the war in Angola to continue. So, why allow EO to kill the goose that lays the golden egg? EO was not there to prolong the war but end it – for MPLA.”

Dit is ‘n opmerking wat Carlos ook in IVOOR maak. Die waarskynlik tragiese en onnodige verlenging van die oorlog in Angola weens donker motiewe, die ontworteling van tienduisende mense, oorlogswesies en Portugese burgers, mense wat ek persoonlik ontmoet het.

Dit was ook die katalisator vir ‘n storie wat, terug by die hede, my pas met ‘n samesweringsteorie en moontlike storielyn bedien het.

Beter kan ‘n mens nie vra nie. Al die elemente was daar: motief (gierigheid, politieke doelwitte) en geleentheid (die SAW-mantel van geheimhouding). Die werklike gebeure was diep genoeg verbloem om legio storielyne daaruit te kon skep. Ek moes net die karakters inweef, hul motiewe uitsuiwer en die situasies histories korrek plaas.

Of so het ek gedink.

Wat ek nie verwag het nie, is die morele dilemma van die teerkwas. Wie moontlik onskuldig daarmee geverf word. ‘n Mens moet gedagte gee aan die eerbare mense wat in dié tye in die uniform-magte en intelligensiedienste gewerk het.

Hulle was ongetwyfeld in die meerderheid, soos Regter Kumleben ook in sy gevolgtrekking opmerk, en verdien beter. Die wat wel hul hande in die beursie gehad het … wel, die geskiedenis het reeds geoordeel.

Tog, met dit in gedagte, is die res van die storielyn in IVOOR pure versinsel. Met my terugkyk nou voel vir my steeds ongemaklik naby aan ‘n moontlike realiteit (weliswaar nie so naby as Eeben Barlow nie!), maar wees gerus, dit is saamgestel uit verskeie, onverwante stories wat ek in die loop van die navorsing teëgekom het.

Of is dit? Ek laat dit aan die leser se verbeelding oor.

(Foto bo: Johan Bakkes, Pinterest).