Vir lesers se gerief plaas ek uittreksels uit onlangse resensies op hierdie blad, plus ‘n skakel na die vollengte resensie.
Maryke Roberts skryf op Litnet:
Annchen Conradie skryf op Goodreads:
Die gedetailleerde agtergrond van mindere karakters is eweneens uitstaande: Said is ongetwyfeld ‘n obskure kalant, maar wanneer sy agtergrond geopenbaar word, word sy optrede in die huidige weliswaar nie geregverdig nie, maar wel gemotiveer. Dieselfde – en meer – kan van die sluipskutter-karakter gesê word. Alhoewel dit nie afbreuk doen aan die feit dat hy ‘n huurmoordenaar is nie, is die insluiting van sy lewensverhaal ‘n faktor wat onwillekeurig empatie ontlok. ‘n Andersins onverbiddelike karakter word versag deur sy duidelike liefde vir boerbokke en die onverantwoordelikheid van ‘n ander word geïllustreer deur die woorde van ‘n meeloper: ‘…ek gaan hom doodmaak as hy nie self vrek nie!’ (221)
Volle resensie hier: https://www.goodreads.com/book/show/156954942-dolos
Francois Bekker skryf op Facebook:
Met sy filmiese skryfstyl, ‘n verhaalgegewe onderlê deur ‘n kritiese en priemende blik op eietydse geopolitieke kwessies in Afrika asook deeglike navorsing, verruim Jaco Wolmarans die spanningsfiksie genre met hierdie briljante aksiebelaaide roman op verrassende wyse. ‘n Waardevolle toevoeging tot sy reeds indrukwekkende oeuvre. Die virtuose mate waartoe Wolmarans daarin slaag om aksietonele treffend en evokatief onder woorde te bring, bevestig hom as een van ons beste skrywers. ‘n Stuk fiksie wat die leser ruk tot nadenke oor die wreedheid van oorlog met die waarheid as vernaamste slagoffer. Fenomenaal briljant.
Volle resensie hier: https://www.facebook.com/photo?fbid=10229443510853009&set=a.1702999495635
Stefaans Coetzee se resensie in Beeld en Die Burger:
Wat Wolmarans se Dolos vir hier leser uitsonder, is die gemaklike ritme waarmee hy sy vierde boek met ons deel. Waar die meeste boeke van punt A na punt B haas, neem hy sy tyd om eers die onbekende wêreld oor ‘n paar hoofstukke vir die leser uit te beeld. […] Deur tyd saam met die leser in opleiding deur te bring, het hy onbewustelik die spanningslyn snaarstyd getrek, want nou weet die leser hoe moeilik, amper onmooontlik, Tex Texeira se taak is. Ek weet eerlikwaar nie hoe die voormalige recce lewend hier gaan uitstap om saam met sy nuwe bruid en kollega, Helen, te happy ever after nie.
Volle resensie hier: https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/heerlike-dolos-word-hier-vir-die-leser-gegooi-20230528




