IVOOR is vandeesweek by Graffiti Boekwinkel saam met sy twee voorgangers teen spesiale afslag beskikbaar. Spaar jouself meer as R60 per boek en bestel nou hier aanlyn: https://bit.ly/3kvC3k4.

Hierdie spesiale aanbod van Graffiti is net tot einde November beskikbaar!

IVOOR is die opvolg van BOS, en volg Tex en Carlos se storie verder. Die keer: miljoene gedeponeer in verskuilde Isle of Man-rekeninge. Skenkers onbekend, die transaksies diep verberg. Tot die geld in ’n Suid-Afrikaanse trustfonds vir weeskinders van die Bosoorlog opduik.

Militêre Intelligensie vertrou nie die vrede nie. Jare ná die oorlog ruik dit steeds na die konkelwerk van die ou SAW se koverte Delta 40-eenheid.

Voormalige spesmagte-operateur Tex Texeira word betrek by die ondersoek, maar sy aandag is erg verdeel. Eers die vreemde selfdood van sy wapensku vriend Seymour Holborne. Dan die skokontdekking dat sy bewegings elektronies gevolg word.

Boonop moet hy klaarkom sonder die rugsteun van sy oudmakker Carlos Viyera, want dié is terug na Angola om ’n beswaarde oorlogsgewete te gaan salf.

Tex en Carlos se Bosoorlog-verlede – en die oopvlek van ’n ivoorsmokkelnetwerk wat destyds byna hul lewens geëis het – spoel nou met mening die hede binne en neem hulle op dodelike spore terug na waar alles begin het. Na ’n finale, dodelike afrekening.